Monaco Grand Prix

Die Monaco Grand Prix (Frans: Grand Prix de Monaco) is 'n Formule Eenmotorwedren wat elke jaar op die Circuit de Monaco beslis word. Dit is een van die langslopende byeenkomste op die Formule Een-kalender, saam met die Britse Grand Prix, Italiaanse Grand Prix en die Belgiese Grand Prix.

Sedert dit in 1929 gehou is, word dit as een van die belangrikste en mees gesogte motorrenne ter wêreld beskou, en saam met die Indianapolis 500 en die Le Mans 24 uur, vorm dit die sg. "Trippelkroon van Motorsport".

Die wedren vind op die smal strate van Monte Carlo plaas, met baie hoogteverskille en skerp draaie sowel as 'n lang tonnel, wat dit een van die veeleisendste bane in Formule Een maak. Ten spyte van 'n relatief lae gemiddelde spoed, is dit 'n gevaarlike plek om te jaag. Dit is die enigste Grand Prix wat nie voldoen aan die FIA se vereiste minimumafstand van 305 kilometer (190 myl) nie. Die ren word jaarliks slegs op die kalender gehou weens "die baan se buitengewone ligging van glans en prestige".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy